Source text in English |
The winning entry has been announced in this pair.There were 5 entries submitted in this pair during the submission phase, 5 of which were selected by peers to advance to the finals round. The winning entry was determined based on finals round voting by peers.Competition in this pair is now closed. |
Sondag môre alleen op straat Sondag môre word ek wakker Met 'n kopseer wat glad nie wil bedaar. Die bier tydens brêkfis was nie sleg nie, Toe drink ek nog een vir die naar. Toe blaai ek deur die klere in my kas En haal my skoonste vuil t-hemp uit. Was my gesig en jel my kuif En strompel trappe af die dag gemoet. Die aand van tevore het ek my brein berook Met sigarette en melodieë wat nog altyd by my spook. Maar ek steek my eerste aan en sien 'n kind Met 'n blik speel waaraan hy skop. Toe stap ek oor die straat En kry die Sondag-reuk van iemand wat hoender braai. En Heer, dit neem my terug na iets wat ek Iewers op 'n manier verloor het. Sondag môre op 'n sypad, Wens ek Heer om hoog te wees. Want daar is iets aan 'n Sondag Wat mens so alleen laat wees. En dis byna net soos doodgaan Só eensaam is die klank Van die slapende stad se sypad En Sondag môre alleen op straat. In die parkie is 'n Pappa Met 'n laggende klein dogtertjie wat swaai. En ek stop langs 'n Sondagskool En luister na die liedjies wat daar draal. Stap verder af in die straat, En iewers veraf klink die beier van 'n klok, En dit eggo deur die kranse Soos drome wat wegraak in die niet. | Entry #14977 — Discuss ![]() ![]()
|
Sondagoggend Breek Aan Wel, ek het Sondagoggend wakker geword Met geen manier hoe om my kop te hou dat dit nie seer was nie. En die bier wat ek vir ontbyt gehad het was nie sleg nie; So ek het nog een gehad vir nagereg. Toe het ek deur my kas gegaan vir klere En my skoonste vuil hemp gevind. Toe het ek my gesig gewas en my hare gekam En met die trappe afgestrompel om die dag tegemoet te gaan. Ek het my gedagtes die vorige aand berook Met sigarette en liedjies wat ek gekies het. Maar ek het my eerste aangesteek en gekyk hoe 'n klein kind Speel met 'n blikke wat hy geskop het. Toe het ek oor die pad gestap En die Sondagreuk gekry van iemand wat hoender braai. En, Here, dit het my teruggeneem na iets wat ek verloor het Iewers, op een of ander manier langs die pad. Op 'n Sondagoggend sypaadjie Wens ek, Here, dat ek gerook was. Want daar is iets aan 'n Sondag Wat 'n liggaam alleen laat voel. En daar is niks soos om dood te gaan Wat halfpad so hartseer is as die klank Van die slapende stad se sypaadjie En Sondagoggend wat aanbreek nie. In die park het ek 'n pa gesien Wat sy laggende dogtertjie geswaai het. En ek het langs 'n Sondagskool gestop En geluister na die liedere wat hulle sing. Toe het ek met die pad afgestap, En iewers in die verte het 'n eensame klok gelui, En dit het deur die skeure weerklink Soos die verdwynende drome van gister. | Entry #14933 — Discuss ![]() Finalist
|
Stoksielalleen op ‘n Sondagoggend So word ek wakker Sondagoggend Met ‘n kopseer wat skrik vir niks En 'n eerste bier vir brekfis smaak goed So n tweede een doen geen skade. Dan grou ek deur die vuil wasgoed in my kas En kry my skoonste vuil hemp. Ek was my gesig en kam my hare En strompel trap af die dag tegemoet. Gis’traand is my verstand benewel Met sigarette en tokkel op my ghitaar. Maar ek steek maar weer een aan En staar na n kind wat ‘n blik rondskop. Dan stap ek oor die straat En kry die reuk van Sondagbraaihoender. En Here, dit neem my terug op die pad na iets, iewers lank verlore. Sondagoggend op ‘n sypaadjie, Wens ek, Here, dat ek niks kon voel nie. Want daar is iets in ‘n Sondag Wat jou stoksielalleen laat voel. En daar is niks anders as die dood Wat amper so verlate is as die klank Van 'n slapende stad se sypaadjie En Sondagoggend strompel ek die dag tegemoet. In die park sien ek ‘n pappa Sy laggende klein dogtertjie rondswaai. En ek stop langs die Sondagskool en luister na die klank van hulle sang. Dan gaan ek straat af, En iewers in die verte lui ‘n enkele kerkklok, En dit weergalm deur die kranse Soos die uitgestorwe drome van gister. | Entry #14966 — Discuss ![]() Finalist
|
Sondag Oggend wat Neer Kom Wel, ek het Sondag môre wakker geword Met geen manier op my kop te hou dat dit nie pyn nie. En die bier wat ek vir ontbyt gehad het was nie sleg nie, So ek het nog een vir nagereg gehad. Toe het ek in my kas deur my klere gegrou En my skoonste hemp gevind. Toe het ek my gesig gewas en my hare gekam En by die trappe afgestrompel om die dag tegemoet te gaan. Ek het my kop die vorige nag voos gerook Met sigarette en liedjies wat ek gekies het Maar ek het my eerste een aangesteek en 'n klein kindjie dopgehou Wat met 'n blikkie gespeel het wat hy geskop het Toe loop ek oor die pad En vang die Sondag reuk van iemand wat hoender braai En Here, dit het my terug gevat na iets wat ek verloor het. Op 'n Sondag oggend sypadjie Wens ek, Here, dat ek gerook was Want daar's iets in 'n Sondag Wat 'n liggaam alleen laat voel En daar is niks behalwe doodgaan Wat die helfte so eensaam is soos die geluid Van die slapende stad sypadjie En Sondag oggend wat neer kom In die park sien ek 'n pappa Met 'n laggende dogtertjie wat hy laat swaai En ek het langs 'n Sondag skool gestop En geluister na die liedere wat hul gesing het Toe het ek in die pad afgeloop En iewers ver het 'n eensame klok gelui, En dit het deur die kloof weergalm Soos die kwynende drome van gister | Entry #14921 — Discuss ![]() Finalist
|
Sondagmôre breek aan Ontwakend Sondagoggend Met g'n manier om my kop te hou dat dit nie ontplof. En die bier vir ontbyt was nie sleg, So ek stamp hom vas vir nagereg. Toe krap ek deur my klere Vir my skoonste geswete hemp. Ek was my bakkies en kam my hare En strompel teen die trappe af om die dag te groet. Ek't my kop gisteraand uitgebrand Met stompies rook en na liedjies soek. Met my eerste trek kyk ek na 'n seuntjie Wat 'n blik rondskop. Toe strompel ek oor die leë straat En kry die Sondaggeur van iemand wat hoender braai. En o Heer, dit vat my ver terug na iets wat ek Iewers, êrens lank terug oppad verloor het. Op 'n Sondagmôre langs 'n straat, Wens ek Heer, ek was liewer dronk. Want daar's iets in 'n Sondag Wat 'n mens alleen laat voel. En daar's niks behalwe die dood Wat halfpad so alleen is as die klank Van die slapende sypad En Sondagmôre wat aanbreek. In die park sien ek 'n Pappa Met 'n laggende dogtertjie wat hy swaai En ek stop langs die Sondagskool En luister na die liedjies wat hul sing. Toe gaan ek straataf, En iewers verder af lui 'n eensame klok, Dit eggo deur die canyon Soos die wegraakdrome van gister. | Entry #14846 — Discuss ![]() Finalist
|